Wat is vanaand op die kassie?

18:27 7de Laan (SABC2): Gita voer iets in die mou in verband met haar nuwe besigheidsvoorstel aan Herman. Vanessa en Xander deel ’n emosiebelaaide oomblik.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Vir baie mense het kruie ’n negatiewe konnotasie – dit laat hulle dink aan aalwynkonkoksies wat hul ouma hulle ingejaag het. Nataniël wys hoe kruie reg benut kan word.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Die sewe oorblywende deelnemers hoor hulle moet ’n vaardigheidstoets slaag om in die kompetisie te bly.

20:00 30 Rock (SABC3): Liz probeer Tracy help om sy selfvertroue terug te kry sodat hulle ’n goeie program kan maak en sodoende die reeks kan red. Jack wonder of sy lewenspaadjie reg verloop.

20:00: Donkerland (kykNET): Dis die jaar 1840. Pieter se vrou, Magriet, is swanger met hul eerste kind. Eerste is al langer as ’n jaar op hul plaas, Donkerland. Toe Mpande, Dingaan se broer, die boere vra om hom in ruil vir beeste te help om Dingaan uit die weg te ruim, sluit Pieter by die kommando aan en laat die vroue alleen op die plaas agter.

20:30 Under the Dome (M-Net): ’n Swerm skoenlappers naby die koepel dui op ’n dodelike plan. Big Jim en Coggins se rusie neem ’n nare wending.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.