17:30 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span maak ’n draai by die skreeusnaakse aktrise Esther von Waltsleben en gaan kuier agter die skerms van ’n Habits-fotosessie op die wynplaas De Grendel.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Wouter se vreemde gemoed en gedrag het Fritz raadop, maar dan besluit Sussie genoeg is genoeg. Vicky en Stef se verhouding is op gevaarlike terrein. Eben wroeg oor sy ouers se huwelik en Astrid maak dinge net erger.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Sonja vind die geslag van haar baba uit. Aggie en Lindile kom eindelik tot ’n keerpunt in hul verhouding.

18:30 Binnelanders (kykNET): Sandra doen iets aan Wimpie – maar dit beteken nie noodwendig dit is iets goeds nie. Margot maak angstig maar in stilte gereed vir Stian se onafwendbare koms. Jana en Adler se vriendskap groei tentatief, ten spyte van At se afkeur. Pippa en Rian besluit finaal oor hul verhouding.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Die eenvoudigste ete word ’n meesterstuk wanneer dit op ’n treffende of klassieke bord voorgesit word. Van tydlose ontwerpersborde tot eenvoudige, bekostigbare breekware, is ’n stel mooi borde ’n belegging en nalatenskap vir jou familie. Nataniël wys sy gunstelingborde en berei geregte wat by elkeen pas. Sjef Bertus Basson kom wys ’n treffende gereg vir ’n treffende bord.

19:30 Scandal! (e.tv): Lucas, Ruby en Kila voel verskriklik skuldig oor die aaklige goed wat hulle gedwing is om te doen.

20:00 Pandjiewinkelstories (kykNET): Oom Geel-Kerneels is ’n gegoede delwer-boer, maar hy wys dit nie. Dié dat die Weduwee Davel hom erg neerbuigend en met minagting behandel wanneer hy wil gaan kuier. Maar toe sien die Weduwee Davel uit watter duur motor hy voor die kerk klim en verander haar houding. . .

20:00 Rules of Engagement (SABC3): Twee paartjies en ’n enkellopende vriend leer hoe om die probleme in hul verhoudings te hanteer.

20:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

21:30 The Client List (SABC3): ’n Jong vrou kry ’n werk by ’n buitengewone masseringspa om vir haar gesin te voorsien nadat haar man weggeloop het.