17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:00 Koowee (kykNET): Kykgenot vir die jongspan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Saskia soek bewyse dat haar suster nog lewe, en Liam maak vinnig nog ’n slinkse plan. Chubby probeer Celine aan sy kant kry en Eben vra haar om die aand saam hom uit te gaan.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

18:30 7de Laan (SABC2): Sal Irma vrede kan maak met Sonja se onafhanklikheid? Yannis is gefasineer deur die onderwerp van sy nuwe boek...Altus en Paula bespreek hul verhouding.

19:30 Binnelanders (kykNET): Okkie is op die oorlogspad, Herman trek aan die korste end as dit by Wimpie kom. Die Ferreira’s konfronteer Van. Iemand probeer vir Morné in die bresse tree en Jana probeer om At tot ander insigte te bring.

19:30 Arrow (SABC3): Biljoenêr Oliver Queen keer terug na Starling City nadat hy op ’n eiland gestrand is. Oliver skep die persona van Arrow om die misdaad in die samelewing te beveg.

20:00 Megaboere (kykNET): Tussen die ruwe Cederberge is ’n plato wat as die Koue Bokkeveld bekend staan. Hier kuier Megaboere vanaand by die Du Toit Groep boerdery.

20:30 Terug na Egipte (kykNET): Rooikappie sien reg deur Lena se plan en Charles vra Dot se hulp. Beledigings in ’n hotelkamer lei tot laataand-geselsies en Lea hou haar lyf sielkundige. Oggendstond het nie noodwendig goud in die mond nie, terwyl Breggie vorendag kom met meer as een blink plan. Sanna kweek ’n gewete, en wolwe dans nie net in die skemer nie.

20:30 American Crime (M-Net): Die skrywer van 12 Years a Slave bring hierdie aangrypende en emosionele drama.

22:30 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.