17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Kry Daai Lyf (kykNET): Doen oefeninge vir die hele liggaam en verbrand baie kilojoules saam met jou instrukteur, Linda Kriel.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky en Marius besluit om nie die polisie by Louw se ontvoering te betrek nie. Fritz sien nie kans om alleen te wees nie en Sussie ondersteun hom. Stef is seergemaak toe Vicky haar meer na Marius wend as na hom. Eben beland in die moeilikheid en Paul neem beheer. Stef besef Astrid se gekonkel het nie opgehou nie. Liam eis groot geld vir Louw.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Almal bespiegel oor wat presies in Emma se woonstel gebeur het, en Xander dra ’n groot verantwoordelikheid op sy skouers. Bonita probeer Vince met die Langley-situasie help, maar hy waardeer nie haar pogings nie.

19:30 Binnelanders (kykNET): ’n Dokter word as ’n pasiënt in ongevalle opgeneem, en Rian en Michelle konfronteer Carol. Ilse probeer haar beste om twee mans aan die praat te kry. Jana word onverhoeds betrap. At sal moet mooi dink as hy nie deel van die gemors wil word nie.

20:00 Die Nataniël Tafel (kykNET): Brunch is ’n woord wat nooit vertaal moet word nie. Dis nie ’n laat ontbyt of ’n vroeë middagete nie; dit is ’n belewenis op sy eie. Dit is ’n luuksheid wat slegs sekere mense gedurende die week kan geniet; die werkendes kan dit net naweke beleef. Brunch het sy eie kultuur, reëls en geregte. Kom sit aan!

20:30 America’s Got Talent (e.tv): Kyk hoe Sharon Osbourne, Piers Morgan en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

20:30 Vallei Van Sluiers (kykNET): Die groot vraag is of Monique en Jacques die enorme krisis wat hulle in die gesig staar, sal kan oorleef. Monique neem ’n drastiese besluit. Intussen ly JP verskriklik onder Charmaine, en MaryAnne en Andrew Gietergat maak dit ook nie maklik vir hom nie. Emma maak ’n ontstellende ontdekking wat alles skielik in perspektief plaas.

20:30 Tongue in Cheek (SABC3): Die modekenners Carolyn Steyn, Michael de Pinna, Anele Mdoda en Sashi Nadoo vertel ons weekliks wat die nuutste modeneigings is.

22:30 Bates Motel (M-Net): ’n Donker geheim bedreig Norma en Norman se verhouding. Intussen is Emma in gevaar.