17:30 5 Sterre met Reuben (kykNET): Reuben maak gerookte springbok met geroomde kool en soutgebakte beet. Vir nagereg is daar gesoute karamel pannekoek met donker sjokoladesous. Die spesiale bestanddeel, asyn, word ondersoek en die gas, Richard Lewis van Neo Group, gesels oor messe.

19:00 Sean Saves the World (M-Net Series Showcase): Max se pa, Lee, kom kuier vir hom by die werk, wat probleme vir Sean en die ander werknemers veroorsaak. Lee stel in Lorna belang en Sean reël vir hulle ’n afspraak.

19:30 Geraamtes in die Kas (SABC2): Adriaan probeer ’n kliënt help wat ’n onstellende verhouding met sy pa het. Palesa sukkel met jaloesie toe sy uitvind van Caleb se meisie.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): ’n Peertert lekkerder as ’n melktert, soetpatat met rooswater en Franse boontjies in room. Klink soos Hilda van 7de Laan se idees! Maar al klink dit na eienaardige kombinasies toor Nataniël weer met kos en wys hoe dié disse kan werk.

20:05 Hostages (M-Net): Ellen en Brian maak ’n plan om van Duncan ontslae te raak maar nuwe inligting laat Ellen twyfel. Morgan word deur ’n maatskaplike werker geëvalueer.

20:30 Desperate Housewives (SABC3): Na Edie se dood probeer Susan vir Dave troos deur hom te vertel hoe skuldig sy gevoel het toe sy Paige en Lila doodgery het. Orson probeer die misdaad wat hy gepleeg het wegsteek deur die polisie te vertel hy het demensie.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.