17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Koowee (kykNET): Kykgenot vir die jongspan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz waai die wit vlag, maar Liam is nie meer geïnteresseerd in vrede nie. Die onmin versprei na die lofts waar Vicky en Stef vassit oor die interdik.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook vir die groot prys.

18:30 7de Laan (SABC2): Dewald is moeg vir sy stiefsuster, maar dalk is die antwoord om net die probleme aan te spreek. Gita is naby aan breekpunt en ontvang nog slegte nuus. Charmaine waarsku Petro oor Bernard.

19:30 Binnelanders (kykNET): Herman wil so gou moontlk trek en Ivanka dink dis alles oor en verby. Morné het hulp nodig – en Naomi is dalk net die regte kandidaat. Jana ontdek papierwerk vir ’n nuwe geval.

19:30 Arrow (SABC3): Biljoenêr Oliver Queen keer terug na Starling City nadat hy op ’n eiland gestrand is. Oliver skep die persona van Arrow om die misdaad in die samelewing te beveg.

20:00 Megaboere (kykNET): Charl Senekal van Mkuze in KwaZulu-Natal is Suid-Afrika se grootste suikerboer. Senekal-Boerderyis ’n uitstekende voorbeeld van ’n energie-intensiewe plaas wat toegerus is om elektrisiteit optimaal te gebruik.

20:30 Terug na Egipte (kykNET): Troffel en Gertjie deel hul probleme met mekaar, terwyl twee ou geliefdes mekaar beetpak. Breggie se verhaal ontbloot Woestyn se verlede en Dot kry snuf in die neus oor ’n versoek.

20:30 American Crime (M-Net): Die skrywer van 12 Years a Slave bring hierdie aangrypende en emosionele drama.

22:30 Elementary (M-Net): Lucy Liu speel in dié reeks wat die moderne weergawe van Sherlock Holmes is.