17:30 Bravo! (KykNET): Vir meer as 20 jaar was hy Bertie op Egoli. Maar wie is Hennie Smit weg van die kameras en verhoog? Ons gaan vind uit. Johnny Hamman is een helfte van die wenspan van vanjaar se Kokkedoor-reeks. Ons gaan kyk hoe hy kook en hoor hoe sy lewe sedertdien verander het. En ons maak ’n draai by Jacaranda FM se tee- en gholfdag, ’n gewilde uithanggeleentheid vir bekendes.

18:00 The Middle (M-Net):  Frankie en Mike raak bekommerd oor Brick se irrasionele vrese. Intussen word Sue uit die veld uit geslaan met die spontane soen tussen haar en Derrick Glossner.

18:00 Villa Rosa (kykNET): AJ wil eiendom in Bloemfontein bekom en Astrid bied aan om te help, maar wat is sy redes en wat is haar motiewe? Wouter gee Anthony raad, maar wat hy hom vertel, ruk Anthony tot in sy wese. Daar wag ’n vreemde verrassing vir Wouter.

18:30  Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsopleiding te wen.

18:30 7de Laan (SABC2): Oubaas kry ontstellende nuus oor Hilda. Sonja is geskok oor haar pa se reaksie toe sy vir geld vra.

18:30 Binnelanders (kykNET): Jana se opdrag aan Pippa maak haar baie benoud, terwyl Adelyn en Frankie per ongeluk draaie om mekaar loop. Wimpie se toestand verswak dramaties terwyl Okkie en Ilse steeds niks oor sy nasate uitgevind kry nie.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Geregte uit die Ooste is dikwels beeldskoon en visueel treffend, maar smaakloos of vreemd vir die Westerse palet. Daar is wel internasionale treffers soos soesji. Nataniël het gaan soek na geregte uit die Ooste wat wel met plaaslike bestanddele gemaak kan word, mooi lyk en heerlik is. Sjef Rachel Botes wys beeldskone soetgoed.

20:00 Pandjiewinkelstories (kykNET): Die Rev. Mills gaan van gemeente tot gemeente en land eindelik in die stad waar onder andere Skroef die kerkie met moeite aan die gang hou. Die Rev. het ’n geskiedenis van ontslag agter hom omdat hy, wanneer hy voor ’n gemeente staan, vervaard raak en sy tong vasslaan. Hy voel geroepe, maar kan nie preek nie. Met sy aankoms in die stad is sy kinderlike goedhartigheid nie teen die straatkinders se bedeltogte bestand nie. Sonder geld probeer hy in Hillbrow ’n rekening open en beland tussen die masseuses van Thrill of Your Life.

20:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

21:30 The Client List (SABC3): ’n Jong vrou kry ’n werk by ’n buitengewone masseringspa om vir haar gesin te voorsien nadat haar man weggeloop het.