17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Kry Daai Lyf (kykNET): Linda Kriel oefen in Kampsbaai. Sy fokus op die volgende probleemareas: die boude, bobene en maag.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Eben plant sy brief in Carina se handsak, maar hy kry nie die reaksie waarop hy gehoop het nie. Gerhard raak ál benouder hoe nader sy operasie kom, en Fritz herstel stadig. Lindie is vol hoop ná haar afspraak met die sogenaamde sakeman. Astrid waarsku Liam om versigtig te wees. Isabel probeer vergeefs vir Vicky oortuig dat Lindie nie ’n gevaar is nie.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Herman is bekommerd oor Dewald. Emma se hofsaak begin oor ’n week.

19:30 Binnelanders (kykNET): Probleme met Bapsie lei tot ’n afleiding oor Kobus – en ’n gesprek met Tertius. Zieg se konkelwerk ken geen einde nie, en Jana word ’n pion in ’n gevaarlike speletjie. Adler probeer ’n dokter in sy kamp kry, en Zadie voel seergemaak oor ’n afspraak. Ilse vind uit van Michelle.

20:00 Die Nataniël Tafel (kykNET): Kleur prikkel nuuskierigheid en stimuleer die eetlus. Diegene wat elke dag vyf verskillende kleure groente eet, leef ’n gesonder lewe met baie meer energie. Ons bederf kinders (van alle ouderdomme) en leer die hardekoppe dat goeie kos ook pret kan wees. Ons dek ’n treffende, kleurryke tafel.

20:30 America’s Got Talent (e.tv): Kyk hoe Sharon Osbourne, Piers Morgan en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

20:30 Vallei Van Sluiers (kykNET): ’n Swart, droewe dag breek in die Vallei aan, maar niemand is voorberei op die naskokke wat volg nie. Eensklaps verander feitlik alles en almal: nuwe, harder eise word aan almal gestel om sinvol met die lewe voort te gaan.

20:30 Tongue in Cheek (SABC3): Die modekenners Carolyn Steyn, Michael de Pinna, Anele Mdoda en Sashi Nadoo vertel ons weekliks wat die nuutste modeneigings is.

22:30 Bates Motel (M-Net): Kaleb se teenwoordigheid maak Norman senuagtig, en Norma word na ’n sosiale geleentheid genooi.