Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:00 2 Broke Girls (M-Net): Max en Deke se vriendskap raak hegter, wat Caroline ’n bietjie jaloers maak. Nicholas probeer ook om Caroline te verlei, met skreeusnaakse gevolge.
  • 18:00 Villa Rosa (kykNET): Marius is steeds platgetrek met rugpyn, maar Fran en Sussie beplan ’n bietjie romanse om hom op te kikker.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Wat gaan Lindie doen wanneer Herman hom blameer toe die verskaffers nie meer daarin belangstel om die skool te borg nie? Bernard verras Danelle met ’n spesiale ete.
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie raak ál kreatiewer met sy hofmakery, en Zadie maak ’n plan om Nigel te red van Okkie.
  • 20:00 Semi-soet (kykNET): In hierdie Afrikaans komedie moet Jaci die agentskap waar sy en talle ander mense werk, red van oorname deur Amalgamated Media en hul jaghond, The Jackal. Met Anel Alexander, Nico Panagio, Diaan Lawrenson, Paul du Toit , Louw Venter en Sandra Vaughn.
  • 20:30 The Good Wife (SABC3): Lockhard/Gardner se toekoms is op die spel nadat ’n paartjie wie se egskeiding hulle hanteer het, die firma beskuldig dat hulle dit aangehits het om finansiële voordeel daaruit te trek.