18:00 2 Broke Girls (M-Net): Caroline is in ekstase wanneer sy deur ’n aantreklike man na ’n spoggerige restaurant genooi word, maar toe hy nie opdaag nie, gaan Max saam.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Liam troos en ondersteun Nadine nadat sy ná ’n ete-afspraak met die kinderhuis se skenker verskriklik ontsteld is. Sussie is vol lof vir Vicky, tot sy iets doen wat haar vriendin dwars in die krop steek.

18:30 7de Laan (SABC2): Marko besef hoe ingewikkeld die getroude lewe saam met Emma gaan wees. Vince is woedend en geskok wanneer hy die waarheid oor Wessel uitvind.

18:30 Binneland (kykNET):Delia kan haar nie in toom hou wanneer Okkie nie iets kan vind nie en Morné is vasberade om vas te stel hoekom almal vir hom stories vertel. At gaan mooi moet dink oor wat hom volgende te doen staan.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël betrek sy besonderse gaste en vriende in ’n omvangryke kos-en-keur-reis. As medepelgrims gaan hulle begelei en vermaak word en elegante en heerlike geregte geniet.

19:30 Chicago Fire (M-Net): Casey is vasbeslote om vir almal te wys dat hy al ten volle herstel het. Shay hou aan om die prokureur te ignoreer wat met hom oor Daryl se dood wil praat. Intussen groei Otis en Katie nader aan mekaar.

19:30 Isidingo (SABC3): Eddie wil Julian desperaat tot ’n val te bring, maar die dwelmbaas wil nie veel praat nie. Intussen pla Charlie se verlede vir Bradley.

20:00 How I Met Your Mother (e.tv): Ted en Zoey se vriendskap maak die Kaptein jaloers. Lilly stel voor dat Ted vriende maak met die Kaptein. Marshall en Robin probeer om vir ’n slag alleen te kuier.

21:00 Klein Karoo (kykNET): ’n Onderwyseres van Oudtshoorn wil verseker dat haar projek by die plaasskooltjie Kalfieskraal voortgaan. Dan ontmoet sy ’n rolprentmaker met ’n gebroke hart.