17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Maatband (kykNET): Die span kyk na ’n prosedure om wenkbroue digter te maak, en Moira praat met ’n mediese kenner oor maniere om ’n lui spysverteringstelsel aan te wakker.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky is gebroke en het ontstellende nuus vir Stef. Beulah probeer Cardo oortuig dat hy die man is vir haar, maar sal sy voor die einde van die dag haar liefde aan iemand anders verklaar?

18:00 The Odd-Couple (M-Net): Dié sitkom is gebasseer op die gelyknamige komediefilms van die 1960’s waarin Jack Lemmon en Walter Matthau die hoofrolle vertolk het. Dié keer speel Matthew Perry en Thomas Lennon die rolle van onderskeidelik Oscar en Felix.

18:30 7de Laan (SABC2): Gita maak seker dat Herman sy kosbaarste besitting verloor. Gaan Paula haar rol as vrou begin vervul? Sonja is smoorkwaad oor die bewerings wat Nadia na haar toe slinger.

19:30 Binnelanders (kykNET): Karli en Herman stem nie saam oor Roelf nie, terwyl At besef Roelf gaan nie die saak maklik los nie. Daleen vertel Terius van haar vermoedens, terwyl ’n donker geheim gedeel word.

20:00 The Americans (M-Net Edge): In vanaand se episode kry Gabriel slegte nuus en Elizabeth neem familiesake in haar eie hande.

20:00 Op die Spel (kykNET): Die doel van hierdie splinternuwe opwindende speletjiesprogram is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar ook om kykers se taalkennis te verbreed.

20:30 Getroud Met Rugby (kykNET): In vanaand se episode kry Buula ’n nuwe voorkoms en Steyn is dadelik smoorverlief, en die Stryders kan ontbind as Schalk nie as afrigter bedank nie.

20:30 Mr Robot (M-Net): In vanaand se episode wil Elliot graag ’n normale lewe lei, maar hy word weer by die kuberkrakerwêreld betrek.

21:20 Black Sails (History): Dis die goue era van seerowery in hierdie voorloper tot Robert Louis Stevenson se roman Treasure Island. In vanaand se episode staar muitery deur sy bemanning kaptein Flint in die gesig.

21:30 Battle Creek (M-Net): Twee polisiemanne van verskillende kante van die treinspoor moet kragte saamspan om skobbejakke te vang. In vanaand se episode plaas Russ sy loopbaan op die spel wanneer hy instem om ’n vrou te help om haar man se moordenaar te kry.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.