Wat is vanaand op die kassie?

19:32 Die Nataniël Tafel (kykNET): Deesdae is dit in die mode om allergies te wees vir iets. Tussen ou boererate en moderne medisyne is dit moeilik om te weet wat om te eet vir watter aandoening. Nataniël skep ’n maal vir ’n kwaal!

20:02 Donkerland (kykNET): Die jaar 1929. Klein Piet is nou baas van die plaas en hy en sy vrou, Riana, het drie seuns, Ouboet, Henk en Dirk. Droogtes en die Groot Depressie het reeds verskeie boere na die stede en myne gedryf, onder andere hul middelste seun, Henk, wat ’n paar jaar vantevore in die nag na die myne weggesluip het. Maar toe keer Henk onverwags terug.

20:02 Two and a Half Men (SABC3): Lindsey vra Alan moet by haar intrek en Charlie doen als in sy vermoë om hom te kry om in te stem.

21:00 ’n Lewe met . . . (kykNET): Tourette se sindroom is ’n oorerflike neuropsigiatriese steuring wat gewoonlik in die kinderjare kop uitsteek en word gekenmerk deur skielike, herhalende en nieritmiese trekkings. Die psigiater dr. Franco Colin gesels met ’n rolmodel wat al sedert haar voorskooljare tekens van dié sindroom begin toon het.

21:05 Ray Donovan (M-Net): Ray raai Bridget aan om nie vir Marvin te sien nie, maar sy besoek hom in elk geval en beleef iets skrikwekkends.

21:29 Desperate Housewives (SABC3): Bree en Alex se ma ontmoet mekaar, en hulle begin wedywer vir tyd saam met hul seuns. Toe Carlos die geleentheid kry om in ’n pos met ’n hoë salaris aangestel te word, oortuig Gaby hom om dit te aanvaar al is dit ’n baie stresvolle pos. Dave se gedrag raak nog vreemder en Edie let dit op.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.