17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Thomas (kykNET): Lukas spandeer al meer tyd by die skuiling en ons ontmoet een van die klein seuntjies wat sy hart se punt is, Xoli. Dewie raak al meer ingenome met sy gemene resultate.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Gunther maak ’n besigheidsbesluit, maar Saskia se nugtere denke lei hom tot ’n onaangename verrassing. Eben wag vir Cardo en Carina waarsku hom op ’n susterlike manier. Die nette van Maryke se verraad druk Anthony verder in ’n hoek en sy toekoms lyk skielik nog meer duister wanneer hy ’n onverwagse oproep kry.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook vir die groot prys.

18:30 7de Laan (SABC2): Oubaas word deel van die span wat die pantoffels vervaardig. Ty ontvang ’n pakkie met ontstellende nuus.

19:30 Binnelanders (kykNET): Wanneer iemand na aan Susanna beseer word, is sy gereed om oorlog toe te gaan. Zadie se eensaamheid is in sterk kontras met wat by die meisies se woonstel aan die gang is. Breggie besluit om haar heil iewers anders te loop soek, en Karli sit haar voet dwars neer. Nina en ’n skool besorg ’n nuwe stel hoofpyne vir Daleen.

19:30 The Mentalist (SABC3): Volg die storie oor die man wat enige raaiselagtige saak kan ontrafel.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Anna Davel, die pragtige donkerkopvrou met die besondere sangtalent neem ons na haar kleintyd in die Vrystaatse dorpie Viljoenskroon en daarna kuier ons in Potchefstroom waar sy haar hoërskool- en universiteitsjare gesluit het.

20:30 Perception (M-Net): In die episode ly ’n neurowetenskaplike aan ’n traumatiese besering wat hom aan alles laat twyfel.

20:30 Vlug na Egipte (kykNET): Breggie deel haar goeie nuus met Lea – maar dan tref die ongeluk haar wanneer Dot kwaai terugkom winkel toe. ’n Wonderwerk gebeur by die Haasbroeke se huis. Roulien word soontoe genooi vir tee – en besluit hoe sy voel oor ’n lewe buite die township. Dot hoor by Troffel van Giel se jongste geldmaakplan, en Charles en Lea bespreek haar toekomsplanne. Hennie kom te hore van die houvas wat Giel op Dominee het, en die gemeente hoor uiteindelik Dominee se “skaapsong”, met behulp van Hennie en die kerkkoor.

20:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.

22:30 Elementary (M-Net): Johnny Lee Miller en Lucy Liu vertolk die rolle van die moderne Sherlock en Watson.