17:30 Thomas (kykNET): Carla speel met vuur en maak Johan baie bekommerd oor die gevare wat dit vir haar en sy familie kan inhou.

18:00 The Middle (M-Net): Die hele gesin gaan saam om vir Axl by die kollege af te sien, maar hy wil dit nie so hê nie. Intussen het Brick ’n nuwe selfoon gekry, maar bly dit verloor.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Isabel se grootste nagmerrie word ’n werklikheid toe sy besef Liam het uit die dood opgestaan. Toe sy hoor waarom hy terug is, is Isabel diep vertwyfeld en in twee geskeur.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula is desperaat om Ryno te beïndruk en maak alweer planne, maar gaan dit dié keer werk? Intussen kry Ryno en Lynette se verhouding ’n vonk.

18:30 MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Gustav se opmerking oor vroue kry hom in die moeilikheid, en niemand is angstig oor hul toekoms nie. Die eindproduk van die titelsekwens is teleurstellendvir party mense, en die dief word ontmasker.

19:30 Sterlopers (kykNET): Geïnspireer deur Vicky dring Brad daarop aan om ’n akoestiese musiekstuk by Blink se Nag van die Sterre konsert uit te voer. Lorraine reageer baie negatief hierop.

19:30 Swartwater (SABC2): Toe ’n egpaar hul enigste kind verloor, trek hulle na die klein dorpie Swartwater om van hulle vorige lewe te vergeet.

20:00 Vallei van Sluiers (kykNET): Ná die skok-onthullings oor Frederika se dood daal daar ’n skynbare rustigheid oor die Vallei neer. Maar Jacques sukkel steeds om sy ma se dood te aanvaar. In die Vallei verloop sake selde soos beplan.

21:30 The Client List (SABC3): ’n Jong vrou kry ’n werk by ’n buitengewone masseringspa om vir haar gesin te voorsien nadat haar man weggeloop het.

21:30 Shameless (M-Net): Liam se ongeluk veroorsaak dat Fiona in die tronk beland. Intussen wag die hele gesin by die hospitaal om te hoor of sy toestand gaan verander.