579783_10152553506415271_927618402_n

18:00 Two and a Half Men (M-Net): Alan skraap die moed bymekaar om weer met vroue te begin uitgaan, maar moet ’n morele besluit neem toe hy aangetrokke raak tot ’n getroude vrou.

18:30 7de Laan (SABC 2): Gaan Pieter en Etienne se woordewisseling Annelie se modelloopbaan kelder? Is Charmaine eindelik besig om Oppiekoffie se restourasie-planne agtermekaar te kry?

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël wys watter lekker eenvoudige kos ’n mens vir Oujaarsaand kan berei.

20:00 Vallei van Sluiers (kykNET): Die groot geleentheid van Monique en Jacques se troue verloop nie volgens plan nie en veroorsaak probleme vir almal in die vallei.

20:00 How I Met Your Mother (e.tv): Ted wys Barney se aanbod van die hand om die nuwe GNB-gebou te ontwerp, maar Barney gee nie maklik moed op nie.

21:00 Legends of the Fall (e.tv): ’n Pa wat gekant is teen oorlog, moet toekyk hoe sy drie seuns ná die Eerste Wêreldoorlog gestuur word. Met Brad Pitt en Aidan Quinn.

21:30 Dexter (M-Net): Dexter raak bekommerd nadat dit blyk Zach het dalk iemand vermoor. Hannah raak desperaat om landuit te vlug.