17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span kuier agter die skerms van Nadia Beukes, die nuwe Boer Soek ’n Vrou-aanbieder, se Lééf-voorbladsessie. Die voormalige Romanz-sanger Andre Venter jaag saam met die span resies en praat oor sy nuwe werk as aanbieder van JAM. En dan kuier hulle by nog ’n oud Romanz-lid, Adam Barnard.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Carina is in twee geskeur oor haar pa en dit beïnvloed haar verhouding met Marius. Sussie kom terug van die sake-ekspo af en stamp sommer dadelik koppe met Anthony. Celeste vind vertroosting by Isabel en Vicky, terwyl Eben al weer konkel. . .

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Maria is bekommerd oor Oubaas se optredes. Intussen kom loer ’n ou vriend by Nadia in.

18:30 Binnelanders (kykNET): Rian is ongelukkig die teiken van iemand se senuwees, terwyl Gustav sy man staan. Naomi pak die bul by die horings, en Quinton het ’n wil van sy eie – maar sal moet ondersteuning kry. Wimpie is moeg vir die kliniek, en ’n verkorte oproep laat die humeure in die ateljee opvlam. Odile vang ’n verpleegster onkant.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Vir ’n lang tyd het ons geglo bevrore kos is ’n euwel, en al is dit in sommige gevalle die waarheid, is daar nou bewys dat bevrore bestanddele nie altyd smaakloos, kleurloos of sonder voedingswaarde is nie. Nataniël wys ’n paar bestanddele waarsonder geen vrieskas ooit behoort te wees nie. Hy gaan leer ook dat ’n bevrore gereg nie altyd kliphard hoef te wees en tandpyn of hoofpyn te veroorsaak nie.

20:00 Rules of Engagement (SABC3): Twee paartjies en ’n enkellopende vriend leer hoe om die probleme in hul verhoudings te hanteer.

20:00 Just Shoot Me. (e.tv): ’n Verkoopsdame oortuig Finch om klere te koop wat hy nie regtig kan bekostig nie.

20:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

20:30 Tongue in Cheek (SABC3): Die modekenners Carolyn Steyn, Michael de Pinna, Anele Mdoda en Sashi Nadoo vertel ons weekliks wat die nuutste modeneigings is.