17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:00 Koowee (kykNET): Kykgenot vir die jongspan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Cardo is steeds in twee geskeur en Fritz probeer hom so goed ondersteun as wat hy kan. Vicky kry onverwags ’n besoeker uit PE wat by tye baie snaaks optree.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

18:30 7de Laan (SABC2): Kim trek voordeel uit die Jeugdagverigtinge. Willem stel belang in ’n nuwe meisie. Die vraag is nou: sal die een sy hart wen? Gita bederf Oubaas en Hilda met ’n lekker aandete.

19:30 Binnelanders (kykNET): Japie raai Okkie aan om die langpad aan te durf, en meer as een meisie se lewe verander in ’n oogwink. Herman dink hy weet hoe om Wimpie te hanteer, en Ilse maak ’n belofte aan ’n familielid.

19:30 Mom (M-Net City): In dié komediereeks volg die (mis-)avonture van Christy Plunkett (Anna Faris), ’n enkelma wat sukkel met dwelm- en alkoholmisbruik. Sy span kragte saam haar ma, Bonnie (Allison Janney), om haar lewe in orde te kry.

20:00 Megaboere (kykNET): Vanaand kuier die Megaboere-span by die Schoeman-boerdery in Delmas. Dit bestaan alreeds sedert 1919 en Kallie is al vir 37 jaar aan die stuur van sake daar.

20:30 Terug na Egipte (kykNET): Breggie kry ’n waarskuwing oor haar toekoms en Troffel is opgewonde oor ’n datum. Sanna probeer met Dot praat oor haar hoesery en Tony probeer raad gee sonder om regtig raad te gee.

21:30 Battle Creek (M-Net): Twee polisiemanne van verskillende kante van die treinspoor moet kragte saamspan om skobbejakke te vang. Hierdie reeks is deur die vervaardiger van Breaking Bad.

22:30 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.