Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Maatband (kykNET): Ons bekyk 'n binne-aarse drupvoeding wat jou immuniteit 'n hupstoot kan gee asook die opvatting dat plaatjieryke bloedplasma die herstel van sportbeserings kan versnel.

18:00 Playing House (M-Net): Wanneer die hoogswanger Maggie uitvind haar man verneuk haar, wend sy haar tot haar beste vriendin vir ondersteuning in hierdie lawwe sitkom.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Dit lyk of die geveg tussen Cardo, Eben en Wouter hulle vriendskap onherroeplik geknou het. Hanna erken teenoor Lida dat sy verlief is.

18:30 7de Laan (SABC2): 'n Vreemdeling dwaal in die Heights rond. Vanessa gaan kuier vir Vivian. Gaan sy die antwoorde kry waarvoor sy soek?

19:30 Binnelanders (kykNET): Tertius se aandag is nie by die huis nie - en duidelik ook nie by sy werk nie. Herman het 'n tydelike oplossing vir Steve. Ivanka beleef 'n krisis by die kollege, en Adam kan net gevaar beteken.

20:00 The Americans (M-Net Edge): In vanaand se episode berei die CIA voor vir die Mujahideen se besoek en Elizabeth en Philip sit hul plan in werking..

20:00 Op die Spel (kykNET): Die doel van hierdie opwindende speletjiesprogram is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar ook om kykers se taalkennis te verbreed.

20:00 All of Us (SABC2): Robert en Tia het mekaar gelos ná hul dansklasse misluk het. In vanaand se episode sien Robert 'n ander sy van sy vrou as sy vir hom en Bobby jnr versorg.

20:30 Getroud Met Rugby (kykNET): Die finansiële strop trek al stywer om Brendan se nek. 'n Loslyf in Maryke se sluitkassie krap dinge in die Pom-Pom span erg om. Chester vind 'n ooreenkoms tussen die twee moord slagoffers by die Boks Gimnasium.

20:30 Mr Robot (M-Net): In vanaand se episode voltooi Elliot sy terapie, maar Krista oortuig hom dat hulle steeds saam moet werk.

21:20 Black Sails (History): In vanaand se episode speel Flint en die Walrus 'n gevaarlike speletjie van kat en muis op die oopsee.

21:30 Murder in the First (M-Net): In vanaand se episode loop die spanning hoog as die speurders agterkom dis moeiliker om die skuldige vas te trek as wat hulle verwag het.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.