Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:00 The Middle (M-Net): Sue sien ’n spook wat soos Christopher Columbus lyk. Intussen gee die hele familie Brick raad oor hoe hy ’n meisie na die dans moet vra.
  • 18:00 Villa Rosa (kykNET):Stef doen stappe om reg en geregtigheid te laat geskied, maar dan neem die saak ’n onverwagse wending en Ruby tree uiters vreemd op.
  • 18:30  Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.
  • 18:30 7de Laan (SABC2): Sonja se pa daag onverwags op by die woonstel. Kim besluit om iets omtrent die Diederik-probleem te doen. Hoe gaan Nadia en Lynette die krisis by die kliniek hanteer?
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): Karli is vasberade om voor Dawn se kuiertjie vir Zadie ’n kêrel te kry. Pippa word teen haar sin betrek by iets wat haar baie senuweeagtig maak.
  • 19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET):Al glo ons krummels maak die vloere vuil en is bloot duiwevoer, bestaan daar ongelooflike geregte waarin krummels op ongewone maniere gebruik word.
  • 19:30 Scandal! (e.tv): Lucas sal enigiets doen om sy seun te beskerm. Shakira kry ’n aanbod wat sy nie kan weerstaan nie.
  • 20:00 Pandjiewinkelstories (kykNET): Toffie se vrou haat rugby en toe Toffie in ’n kroeggeveg oor rugby seerkry, probeer sy hom van rugby speen.
  • 20:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.
  • 20:30 The Good Wife (SABC3): ’n Politikus se vrou begin haar eie loopbaan as prokureur nadat haar man weens korrupsie tronk toe is.
  • 21:30 The Client List (SABC3): ’n Jong vrou kry ’n werk by ’n buitengewone masseringspa om vir haar gesin te voorsien nadat haar man weggeloop het.