18:00 2 Broke Girls (M-Net): Deke probeer alles in sy vermoë om sy en Max se verhouding te maak werk, maar Max glo vas hulle kom van twee verskillende wêrelde af.

18:00 Villa Rosa (kykNET):  Anthony voel niks beter ná sy groot besluit nie en Fran se gekerm maak hom net ongelukkiger. Fritz vind uit oor die pokeraand in Vicky se woonstel en vlieg Stef en die jongmanne in.

18:30 7de Laan (SABC2): Gita erken aan Ty dat sy geldelike probleme het. Danelle vang Bernard met ’n rooikop flankeer.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

18:30 Binneland (kykNET):At vra Daleen om Malan te probeer ompraat om in Suid-Afrika te bly en Quinton en Gustav loop oor van die trots toe een van hul rugbyspelers vir die streekproewe gekies word.

19:30 Sterlopers (kykNET): Emma Liebenberg, ontnugter deur die werklikheid van die mediabedryf, bedank ná haar eerste dag as joernalis by die tydskrif Blink. Lorraine, Brad Jooste se ma, maak seker dat deure in die musiekbedryf vir hulle oopgaan.

19:30 How I Met Your Mother (e.tv): Barney voel vasgevang toe Nora dit duidelik maak dat sy ’n ernstige verhouding soek. Intussen gaan die hele groep vir ’n ondersoek omdat Marshall se pa skielik dood is aan ’n hartaanval.

20:00 Vallei van Sluiers (kykNET): Oom Boykie is in die hospitaal ná sy beroerte. Hugo koop ’n huis om Hannah en Connie terug te lok. Con is bekommerd oor Emma se gemoedstoestand. JP en Charmaine ontdek hulle verwag hul eerste baba.

21:00 Villa Rosa Sterrejag (kykNET): Die span het ’n jaar lank die land deurkruis om meer as 500 inskrywings op te neem op soek na die twee wat eindelik die wenners van die kompetisie gaan wees.