17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Kry Daai Lyf (kykNET): Hierdie week doen Linda ’n kombinasie van kardiovaskulêre oefeninge en spieropknapping. Verbrand vet en maak jou spiere ferm.

18:30 Villa Rosa (kykNET): ’n Huiwerige Fritz laat Lindie in die Villa toe en begin van voor af Simon se dood verwerk. Hoe gaan Lindie se aankoms Marius en Carina se verhouding affekteer en wat gaan Astrid daaromtrent doen? Vicky se ring brand ’n gat in Stef se sak. . .

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Ryno besluit om Dewald te vertrou. Thinus se lewe is dalk in gevaar en Matrone voer Oubaas lekkernye.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die skildery is ’n sleutel tot ’n beter lewe, en Naomi en Zadie ontmoet Ilse se nuwe familielid. ’n TV-span is dalk die enigste uitweg om die waarheid te ontdek, en Zanel word die leviete voorgelees.

20:00 Die Nataniël Tafel (kykNET): Dit is ’n geleentheid (of verleentheid) wat jy nooit wil of kan vergeet nie. ’n Verlowing, verassing, doop, verjaarsdag, reünie, begrafnis of huweliksherdenking – hierdie geleenthede vind deesdae ál minder in ’n saal, restaurant of hotel plaas, wel gereelder by die huis. Nataniël kyk na verversings, versierings en heerlikhede wat so ’n gebeurtenis sowel onvergeetlik as bekostigbaar sal maak.

20:00 Just Shoot Me (e.tv): Maya reis saam met ’n groep vroue Frankryk toe en Jack is baie bekommerd oor haar.

20:30 Vallei Van Sluiers (kykNET): Hannah en De Wet is op die punt om die Ceres-vallei te verlaat om hulle in Botswana te gaan vestig. Dit is ’n emosionele afskeid, veral vir Hannah. Die vraag is: Wat voer Hugo in die mou?

20:30 Tongue in Cheek (SABC3): Die modekenners Carolyn Steyn, Michael de Pinna, Anele Mdoda en Sashi Nadoo vertel ons weekliks wat die nuutste modeneigings is.

21:30 Winslyn (kykNET): Die span praat met die sakereus Jabu Mabuza oor sy loopbaan en vind ook meer uit oor die vervoer-app UBER.

23:00 The Knick (M-Net): Lucy kry dwelms vir Thackery en Robertson moet dringend geld in die hande kry.