Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Maatband (kykNET): Dr. Riekie Smit, ’n estetiese spesialis, wys hoe die winter se dooie velletjies met ’n velskraap evrwyder kan word. Die fiksheidsinstrukteur Brenda van der Merwe verduidelik hoe Pilates en kragoefeninge doeltreffend gekombineer kan word.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Saskia probeer Fritz by die dokter kry. Hanna gedra haarself weer sleg, maar word vasgevat. Liam versterk sy vriendskap met Fritz en broei oor sy volgende plan.

18:00 The Odd-Couple (M-Net): Dié sitkom is gebasseer op die gelyknamige komediefilms van die 1960’s waarin Jack Lemmon en Walter Matthau die hoofrolle vertolk het. Dié keer speel Matthew Perry en Thomas Lennon die rolle van onderskeidelik Oscar en Felix.

18:30 7de Laan (SABC2): Sonja raak ongeduldig met Anel toe die laat kom vir werk. Neville is geirriteerd met Xander. Pulane is ’n bietjie skepties, maar hoop Dali het sy deuntjie verander.

19:30 Binnelanders (kykNET): Tonik loop deur onder Wimpie. Cherilee en George sal baie vinnig moet dink, en skottelgoed was ontaard in ’n witwarm saak.

20:00 Op die Spel (kykNET): Vanaand begin hierdie nuwe opwindende speletjiesprogram. Die doel is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar ook om kykers se taalkennis te verbreed.

20:30 Getroud Met Rugby (kykNET): ’n Nuwe seisoen begin vanaand. In die eerste episode is die Stryders onder nuwe bestuur en ontmoet hul nuwe afrigter.

21:30 Battle Creek (M-Net): Twee polisiemanne van verskillende kante van die treinspoor moet kragte saamspan om skobbejakke te vang. In vanaand se episode moet Milt en Russ vinnig werk om ’n potensiële sluipmoordenaar van die burgemeester op te spoor.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.