• 18:00 2 Broke Girls (M-Net): Max en Caroline soek na ’n huis vir ’n rondloperkat, tot Max besluit hy wil die kat hou.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): ’n Ooievaarstee word vir Vanessa gereël. Stel Henk se dobbelskuld Kim se lewe in gevaar?
  • 19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël wys wat nodig is in ’n beginnerskombuis en hoe ’n mens die volmaakte fondue hou.
  • 20:00 Vallei van die Sluiers (kykNET): Die verlede begin weer by Hugo spook. Jacques verlang na Monique.
  • 20:00 How I Met Your Mother (e.tv): Marshall en Lily doen navorsing oor hoe ’n paartjie ’n baba se geslag bepaal. Barney probeer ’n vrou verlei deur soos ’n baba te praat.
  • 21:30 Geraamtes in die Kas (SABC 2): Dinge gaan dol by die Vermaak & Vennote-kliniek.