17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Koowee (kykNET): Kykgenot vir die jongspan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Gunther verlaat Bloemfontein en om daaroor te treur is nie op Saskia se agenda nie. Celine vind uit Cardo is steeds by dwelms betrokke. Saskia kry ’n ‘kuiergas’ wat haar toekomsplanne in die wiele kan ry.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook vir die groot prys.

18:30 7de Laan (SABC2): Charmaine is terug in Hillside en sy is weer haar ou self. Willem bel Herman om te sê dat hy môre Hillside toe kom. Probeer Willem ists vir sy pa wegsteek?

19:30 Binnelanders (kykNET): Morné is nie lus vir Emil se kuiergas nie, en Jana raak al hoe meer onrustig oor Malan se teenwoordigheid. At vra Pippa ’n baie groot guns, terwyl Tertius probeer om die vredemaker te wees. Malan wil dringend met die Jonkers praat oor Nina, en Ilse en Okkie se gedrag jaag Wimpie die harnas in.

19:30 The Mentalist (SABC3): Volg die storie oor die man wat enige raaiselagtige saak kan ontrafel.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Ons verken die Deneysville-omgewing waar Fanie de Villiers se liefde vir sport gestalte gekry het. Hy wys ons die eerste krieketblad waar hy as tjokkertjie gespeel het.

20:30 Perception (M-Net): Eric McCormack vertolk die rol van die eksentriese neuropsigiater, Dr Pierce, in hierdie misdaadsdrama.

20:30 Terug na Egipte (kykNET): Ons keer terug na Breipaal. Giel hou sy lyf dominee en Bekke ontdek ’n bloedspoor op Daggafontein. Pieter Wolf se aankoms laat meeste van die dorp sonder water en Gertjie is op soek na ’n dooie bruid.

20:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.

22:30 Elementary (M-Net): Johnny Lee Miller en Lucy Liu vertolk die rolle van die moderne Sherlock en Watson.