Dit is vanaand op die kassie:

bloedbroers

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Met braaidag-gees in die lug val 280 mense in die pad, swaai hulle landsvlae en braai die land aan die brand. Kom ontmoet al die karakters wat Suid-Afrika die beste land in die wêreld maak.

18:00 Playing House (M-Net): Wanneer die hoogswanger Maggie uitvind haar man verneuk haar, wend sy haar tot haar beste vriendin vir ondersteuning in hierdie lawwe sitkom.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz waarsku Liam oor sy verhouding met Hanna, maar gaan Liam hom daaraan steur? Vincent flankeer met Carina en Marius is desperaat om die geld van die skikking te kry.

18:30 7de Laan (SABC2): Is Dewald weer besig met sy ou streke? Herman is nie gereed om vir Willem te vergewe nie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die verpleegsters is oortuig dat daar iets aan die gang is tussen twee van hulle kollegas. Annelize herinner Steve aan sy finansiële probleme, en Sara se plan sal nie sonder risiko kan geskied nie.

20:00 Edik van Nantes (kykNET): Nataniël arriveer in Nantes. Hy en sy broer, Erik, besluit om 'n 200 jaar-oue plaashuis net buite Pont St Martin in 'n vakansietuiste te omskep. Hulle vertel die verhaal van hulle voorvaders en berei heerlike geregte voor.

20:00 Homeland (M-Net Edge): Seisoen 5 begin vanaand. Carrie en Saul ontmoet mekaar weer twee jaar nadat hulle uitmekaar is. Carrie woon nou in Berlyn en is uit die CIA.

20:30 Bloedbroers (kykNET): Om bloed te deel en julself bloedbroers te sweer is een ding. Om deur die draaie van die lewe steeds daardie eed te eer, is iets heeltemaal anders, veral as jou lewenskeuses jou na 'n teenoorgestelde kamp lei.

20:30 Minority Report (Fox): Meer as 10 jaar ná die ontbinding van die pre-misdaadeenheid, wat toekomstige misdadigers gevang het voor hulle misdade pleeg, probeer 'n eensame oudlid, wat die vermoë het om misdade te voorspel, 'n normale lewe lei.

21:00 The Good Wife (SABC3): 'n Familie- en regsdrama met die formidabele Julianna Margulies in die hoofrol.

21:20 The Kennedys (History): 'n Biografiese minireeks oor die lewe van JFK.

21:30 Murder in the First (M-Net): In vanaand se episode kom Terry en Hildy agter hulle ondersoek mense binne hul eie departement.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.