18:00 2 Broke Girls (M-Net): Max voel baie ongemaklik toe sy saam Deke huis toe gaan om sy ryk ouers te ontmoet. Sy ontdek ’n donker geheim van sy ma.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Stef en Vicky staan bont om die honde aan die slaap te hou. Marius is feitlik obsessief oor Astrid se mees onlangse toertjie en konfronteer haar. Isabel verras Vicky met haar reaksie op hul geheim.

18:30 7de Laan (SABC2): Matrone het ’n slegte gevoel oor die troue en Charmaine begin ook koue voete kry. Altus moedig Paula aan om voort te gaan met haar werksoekery.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap

18:30 Binnelanders (kykNET):Daleen weier om te glo dat sy soms verkeerd is. Bea sukkel om afskeid te neem en Sonja is nie beïndruk deur ’n vergadering wat by die huis plaasvind nie.

19:30 Sterlopers (kykNET): Hugo red Emma uit ’n baie vernederende situasie. Nou is Emma diep in die skuld by hom en moet sy telkens na sy pype dans. Brad word deur Blink as ’n vleier-vryer bestempel met Vicky as een van sy vele trofeë.

19:30 How I Met Your Mother (e.tv): Robin en Lily probeer die perfekte skemerkelkie maak om ’n argument te ontlont oor die saak tussen Barney en Marshall. Intussen berei Ted voor vir ’n naweek weg saam met Zoey.

20:00 Vallei van Sluiers (kykNET): Hannah en Hugo beland in ’n ernstige krisis oor Connie se gesondheid. Willem Greyling, die nuwe produksiebestuurder, maak stadigaan vriende met almal in die Vallei. Con mis Emma baie.