18:27 7de Laan (SABC2): Errol besef die lewe in ’n rolstoel is nie vir sissies nie. Oubaas en Jerome veroorsaak ’n bohaai by Gita se skemerkelkie.

19:32 MasterChef South Africa (M-Net): Die top-agt vertrek na ’n geheime, eksotiese bestemming.

20:00 Donkerland (kykNET): Dit is die eerste episode dié van Deon Opperman se nuwe dramareeks. Dis die derde reeks in sy Afrikaner-trilogie, wat Kruispad en Hartland insluit. Dis 1838 en Pieter de Witt is in die moeilikheid by die Engelse magte van die Kaapse kolonie.

20:30 High Rollers (SABC3): TT moet ’n moeilike besluit neem toe iemand se lewe in gevaar is.

21:00 ’n Lewe met . . . (kykNET): Vanaand begin die vierde seisoen van die program. In die reeks gesels die psigiater dr. Franco Colin met Suid-Afrikaners wat leef met toestande of situasies wat soms moeilik is om oor te praat of deur ander verkeerd verstaan word. Vanaand word gekyk na die lewe ná ’n inbraak.

21:30 Ray Donovan (M-Net): Ray begin sy plan uitvoer om sy pa terug in die tronk te kry terwyl hy twee filmsterre se krisisse hanteer.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.