17:30 5 Sterre met Reuben Riffel (kykNET): Reuben maak stokvis met bierbeslag, spek-ertjies en uie-tempura met skyfies. Vir nagereg is daar gekaramelliseerde tamatie met steranys-roomys. Hy kyk na die brou van bier en die gas Trevor King van Ceasarstone gesels oor kombuis werkoppervlakke van gehalte. Reuben gee ook ’n wenk om kruie te preserveer.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Elke dag gebruik ons dit van die môre tot die aand – van ’n briefie by jou kind se toebroodjie tot waspapier en ryspapier. In hierdie episode kyk Nataniël na kos en papier.

19:30 Castle (M-Net Series Showcase): Terwyl Castle by die huis moet bly weens sy gebreekte been sien hy ’n moord in die woonstel oorkant syne.

20:00 ’n Song Vir Emily (kykNET): Die sangeres Karen Zoid verken die verhaal van die Engelse filantroop Emily Hobhouse, wat gewerk het tussen die Afrikanervroue en -kinders gedurende en ná die Anglo-Boereoorlog. Karen volg Emily se spore, van St. Ives in Engeland tot die slagvelde van Suid-Afrika.

20:30 Desperate Housewives (SABC3): Die vriendinne gaan na Travers se skool om hom te vertel wat met Edie gebeur het. Gedurende die reis dink elke vrou terug aan ’n oomblik wat hulle met Edie gedeel het.

21:00 Dexter (M-Net): Dr. Vogel probeer aan Dexter bewys hy is perfek as ’n psigopaat terwyl Dexter steeds die Brain Surgeon soek.

21:36 The Graham Norton Show (BBC Entertainment): Vanaand se gaste sluit in die sterre van Thor: The Dark World, Chris Hemsworth en Natalie Portman, asook die sangeres Katy Perry and oud-Beatle Paul McCartney.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.