17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Koowee (kykNET): Kykgenot vir die jongspan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam dink hy het die Villa Rosers in die palm van sy hand, maar Fritz verras hom. Cardo besluit om nie meer dwelms te verkoop nie, maar Celine waarsku hom dat dit sy lewe gaan kos.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook vir die groot prys.

18:30 7de Laan (SABC2): Charmaine is baie bekommerd oor Petro en Bernard se verhouding. Bonita is in die wolke, want daar mag dalk ’n toekoms vir haar sangloopbaan wees. Iemand is op Marko se spoor.

19:30 Binnelanders (kykNET): Christiaan gaan nie laat enige iets in sy pad staan om die probleem op te los nie. Tertius sit sy voet neer en Herman het dalk ’n oplossing vir die krisis. Liezl maak oop teenoor Ivanka.

19:30 Arrow (SABC3): Biljoenêr Oliver Queen keer terug na Starling City nadat hy op ’n eiland gestrand is. Oliver skep die persona van Arrow om die misdaad in die samelewing te beveg.

20:00 Megaboere (kykNET): Piet du Toit Wildbedryf het sy ontstaan op de plaas Hoogebomen, Noordwes van Rensburg gehad. Wat begin het as ’n bees- en lusernboerdery het vinnig verander toe Piet bewus geword het van die teel van skaars wild.

20:30 Terug na Egipte (kykNET): ’n Man veroorsaak alweer probleme tussen Gertjie en Lea. Dot veroorsaak nie net amak in die kerk nie, maar blykbaar verg dit ’n lelike plan om ’n lelike man te vang. Lea hoor meer van iemand se verlede.

20:30 Gotham (M-Net): Die reeks kom uit die pen van die skrywers van die reeks Rome.Volg weekliks die avonture van die speurders Gordon en Bullock.

22:30 The Fixer (M-Net): Kerry Washington vertolk die rol van Olivia Pope, die “die Fixer” in die Withuis.