17:30 Bravo! (kykNET): Die kies van die wenner van Sarie se voorbladgesig-kompetisie is ’n lang proses van wik en weeg. Die Bravo!-span gaan kyk ’n bietjie hoe dit gebeur. Hulle gaan ook terug in die tyd toe rock-musiek ’n heel ander betekenis gehad het, en kuier by die manne van die gewilde SA-rockgroep The Bats. Dan is dit tyd vir die Want ons Kan-konsert, altyd ’n treffer onder gehore en sangers.

18:00 The Middle (M-Net): Toe Axl vir die Desembervakansie van universiteit af terugkeer, verkies hy tyd saam sy vriende bo tyd saam met sy familie.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Jimmy het sy mes in vir Eben en agtervolg hom oral. Eben begin benoud raak en is kwaad toe niemand hom glo nie. Jimmy en Astrid kry goeie nuus by die prokureur.

18:30 Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsopleiding te wen.

18:30 7de Laan (SABC2): Irma voel verneder in die boetiek. Ty en Gita kry ’n onaangename verrassing. Twyfel Aggie weer in Lindile se gevoelens vir haar?

18:30 Binnelanders (kykNET): Iemand word inderhaas in die hospitaal opgeneem. Karli probeer ’n plan beraam om Jana te beïndruk. Justin verander Pippa en Margot in twee modepoppe vir sy portefeulje.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Die legendariese sjef en koskenner Topsi Venter is een van Nataniël se boesemvriendinne en al 25 jaar lank sy grootste leermeester. In hierdie program bring hy hulde aan haar ongewone aardse geregte, kennis van kosgeskiedenis en unieke uitkyk op die lewe. Topsi se dogter, Danielle, kom kuier saam en berei sy gunstelinggereg.

20:00 Pandjiewinkelstories (kykNET): Mosie is Archibald gedoop, maar staan bekend as Mosie. Die verhaal vertel hoe hy in ’n onhoudbare situasie tussen vyf vroumense aan die naam kom.

20:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

21:30 The Client List (SABC3): ’n Jong vrou kry ’n werk by ’n buitengewone masseringspa om vir haar gesin te voorsien nadat haar man weggeloop het.