17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Kry Daai Lyf (kykNET): Linda Kriel oefen op die promenade in Mouillepunt. Doen saam met haar rondte-oefeninge, ’n lekker manier om topfiks te word.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Gerhard bieg eindelik teenoor Anthony wat die werklike toedrag van sake rondom sy siekte is. Die ongemak tussen Marius en Carina duur voort en Eben vermoed sy hou meer van Paul as wat sy wil erken. Lindie is beslis besig om te konkel. Astrid vermoed sy word agtervolg. Sussie glo steeds sy en Marco sal versoen raak.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Daar kuier twee sexy ouens in die Laan en Paula skop Kristin uit.

19:30 Binnelanders (kykNET): Okkie en Jana kry snuf in die neus oor twee sake, en Jenny weier om weg te bly van Zieg. Ivanka het raad vir hartsake, en ’n uitnodiging na ’n braai lok reaksie uit. Michelle se stiefma kom groet, en Zieg praat met Jana oor ’n vrou.

20:00 Die Nataniël Tafel (kykNET): Visueel, emosioneel, spiritueel en gastronomies is groen ’n helende kleur. Elke aardbewoner behoort elke dag iets groens en vars te eet. Vervelig? Bokkos? In hierdie episode maak ons heerlik kos met groen bestanddele, sommige gesond en sommige ietwat stout. Ons dek ook ’n oase van ’n tafel.

20:30 America’s Got Talent (e.tv): Kyk hoe Sharon Osbourne, Piers Morgan en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

20:30 Vallei Van Sluiers (kykNET): Hugo se dag van rekenskap in die hof breek aan. Ta’Ef pluk haar op ’n bondel toe almal ’n groot ophef oor haar 70ste verjaarsdag maak. Beulah se bekommernisse groei by die dag oor alles wat nou haar verantwoordelikheid is en aandag vereis.

20:30 Tongue in Cheek (SABC3): Die modekenners Carolyn Steyn, Michael de Pinna, Anele Mdoda en Sashi Nadoo vertel ons weekliks wat die nuutste modeneigings is.

22:30 Bates Motel (M-Net): Norma se broer, Kaleb, daag uit die bloute op en Norman leer ken ’n meisie van die dorp beter.