Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:00 2 Broke Girls (M-Net): Caroline ontdek dat die vrou wat kleintyd haar oppasser was, dood is. Sy en Max die durf die pad aan om die begrafnis by te woon.
  • 18:00 Villa Rosa (kykNET): Fran besef Fritz het ’n probleem en gee hom waardevolle raad. Maar gaan hy dit volg? Wouter is depressief oor sy lewe, in teenstelling met Eben se opgewondenheid oor sy nuutste geldmaakplan.
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Hoe gaan Matrone Koot se verlowing aan Bets hanteer? Ty vertel Gita van Herman se plan om die skool se rugbyspan te borg.
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): Delia voeg daad by die woord, en Daleen kry nuus oor haar swangerskaptoets. Bea en Franz is terug uit Kanada.
  • 20:00 Pretville (kykNet): Hierdie fliek is ’n speelse, prettige Afrikaanse musiekrolprent wat in die 50’s afspeel. En in die klein maar opwindende dorp Pretville is enigiets moontlik: Interessante dinge gebeur voortdurend in die dorpie.
  • 20:30 The Good Wife (SABC3): Peter probeer sy invloed gebruik om sy en Alicia se dogter, Grace, in ’n vooraanstaande skool toegelaat te kry.