18:00 2 Broke Girls (M-Net): Han smeek Caroline en Max om ’n ontkleedanseres te kry wat kan voorgee dat sy Han se meisie is toe sy preutse ma van Korea kom kuier.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Sussie se werk as ’n au pair veroorsaak dat sy afgesonderd raak en die eensaamheid begin knaag. Astrid gee Stef inligting wat hom kan help in sy ingewikkelde saak.

18:30 7de Laan (SABC 2): Gita besef sy moet lig trap rondom Ty. Geluk tref Koot. Ty kry die verkeerde indruk van Wessel en Bonita.

18:30 Binnelanders (KykNET):Franz se nuwe lojaliteit ontstel Bea. At is op die oorlogspad, maar gaan Sonja reageer? Jennifer is geskok toe sy iets oor Marlien uitvind.

19:30 Die Nataniël Tafel (KykNET): Nataniël bring hulde aan koskenners deur geregte te wys wat geïnspireer is deur die kook-koninklikes. Hy dek ook ’n koninklike tafel wat gemaklik in paleise en huise sal vertoon.

19:30 Chicago Fire (M-Net): Casey het herstel en keer terug. Shay kom glad nie goed oor die weg met haar nuwe vennoot, Allison, nie. Intussen word Clarke beskuldig van moord en weier om met die polisie te praat.

20:00 How I Met Your Mother (e.tv): Met slegte geluk aan Ted se kant is sy partytjie ’n groot mislukking. Die hele groep beland toe by Zoey se plek.