Wat is vanaand op die kassie?

18:27 7de Laan (SABC2): Marko en Emma word deur Rick gekonfronteer.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Daar’s geregte wat ons laat beter voel en geregte wat ons regtig gesonder maak en dan is daar ook dié wat seker net ’n mens se lewe verkort. Nataniël maak klein veranderinge aan hierdie resepte wat sorg dat selfs die ongesondste kos jou geen jou skade kan berokken nie.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Nadat die wenner van verlede week se druktoets reguit na die eindronde deurgegaan het, moet die twee oorblywende deelnemers meeding om die laaste plek in die eindstryd. Die gassjef is Luke Dale-Roberts.

20:02 Donkerland (kykNET): Die jaar 1902. Vrede word verklaar maar die land is verwoes, Donkerland ook. Klein Piet en sy hoofman, Bongani, keer alleen terug na die plaas om van voor af te begin. Intussen word Anna vrygelaat uit die konsentrasiekamp en durf alleen die lang en gevaarlike pad huis toe aan.

21:00 ’n Lewe met . . . (kykNET): Regstreeks of onregstreeks word die meeste van ons deesdae deur egskeiding geraak. In hierdie program word aspekte soos die uitwerking op kinders en die verhouding tussen die geskeide paartjie bespreek.

21:30 Desperate Housewives (SABC3): Carlos ondergaan ’n operasie om sy sig te herstel en begin verstaan hoeveel Gaby met die jare moes opoffer weens sy blindheid. Bree nooi Andrew en sy nuwe kêrel, Alex, vir ete.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.