17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Thomas (kykNET): Die spanning is ondraaglik. Wat gaan met Thomas en Hannes gebeur – vasgevang in die hysbak met die vreesaanjaende sluiper? Met die selfoonsein wat net nou en dan werk, gaan iemand anders ooit uitvind waar hulle is?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef kom terug uit die Kaap met interessante nuus, maar hy deel dit voorlopig net met Vicky. Carina is weer bekommerd oor Eben, maar Marius stel haar gerus. Gunther vind uit van Astrid se geskiedenis met die diamantsmokkelaar Valdez en stel dadelik verder ondersoek in. Intussen kry Maryke Anthony se koopaanbod vir die huis en gee dit vir Nico om te dokter...

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook vir die groot prys.

18:30 7de Laan (SABC2): Charmaine neem ’n kort blaaskans om haar kop skoon te kry. Matrone swaai die septer in Oppiekoffie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Zadie is onseker oor hoe om haar ouers te benader – en besluit om die beste van ‘n slegte saak te maak. Zieg en Susanna word amper betrap, en Nick en Zadie se idees stem nie ooreen nie. Een verpleegster doen heelwat moeite om ‘n ongemaklike situasie te ontlont, en die aankoms op die wildsplaas laat nuwe herinneringe opvlam.

19:30 The Mentalist (SABC3): Volg die storie oor die man wat enige raaiselagtige saak kan ontrafel.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Sandra Prinsloo het al meer rolle vertolk as enige ander Suid-Afrikaanse akteur, hetsy die verhoog of op die silwerdoek. In hierdie episode reis ons saam met haar in die verlede terug na daar waar sy grootgeword het in Pretoria.

20:30 Gotham (M-Net): Van dieselfde kreatiewe span wat Rome gemaak het, kom die verhaal van Gotham City en sy mense.

20:30 Vlug na Egipte (kykNET): Rooikappie kry ‘n boodskap van Meester, en Breggie probeer die lewe makliker maak vir ‘n veroordeelde. Hennie probeer ‘n manier vind om sy eks se voorwaardes te omseil. Tony hoor by Sanna van Charles se planne met Meester se huis, en tydens ‘n sandbad gesels Lea en Rooikappie kopstukke oor die liefde. Twee lede van die Haasbroek-gesin beland in innige omhelsings – en nie met mekaar nie!

20:30 Nikita (SABC3): ’n Skelm sluipmoordenaar keer terug om wraak te neem teen die organisasie wat haar opgelei het.

22:30 Elementary (M-Net): Johnny Lee Miller en Lucy Liu vertolk die rolle van die moderne Sherlock en Watson.