18:00 2 Broke Girls (M-Net): Caroline help Max haar hoërskool-diploma kry en die bande met haar vervreemde ma weer opbou.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Die kameras rol vir die werklikheidsreeks, en Sally beraam planne om konflik te veroorsaak. Fritz keer terug van sy oorsese reis. Wouter por Marius aan om weer sy hart vir ’n vrou oop te maak, maar hy bly onbewus van Carina se gevoelens vir hom.

18:30 7de Laan (SABC2): Het Danelle nou Bernard en Jaco verloor? Vanessa en Sifiso ervaar groot probleme met hul advertensie. Ty teiken Stasie Ses in Gita se anti-studentveldtog.

18:30 MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): ’n Titelsekwens saai amok in die kliniek, en Margot trap in die proses op ’n paar tone. Okkie en Ilse sing ’n nuwe deuntjie. At plaas Jan voor ’n onverwagte keuse. Sonja begin in alle erns met die troureëlings, terwyl Zadie nie haar opgewondenheid in toom kan hou nie.

19:30 Sterlopers (kykNET): Isabel trek uit by Jacques en in by Vicky, wat Ben die groen lig gee om by Isabel vlerk te sleep. Emma besluit teen die publikasie van die Ruan Greeff-exposé, maar Hugo manipuleer Lesley om die storie uit te snuffel en aan Ingrid te oorhandig. Brad stel ’n amptelike bestuurder aan, maar Lorraine ry hierdie nuwe verwikkelinge in die wiele.

19:30 Swartwater (SABC 2): Toe ’n egpaar hulle enigste kind verloor, trek hulle na die klein dorpie Swartwater om van hulle vorige lewe te vergeet.

20:00 Vallei van Sluiers (kykNET): Harm en die hoogswanger en omgesukkelde Charmaine kan net nie uit mekaar se hare bly nie. Willem tel ernstige probleme op. Hugo is soos gewoonlik op die verkeerde tyd op die verkeerde plek. ’n Groot skok tref die Vallei.

21:30 The Client List (SABC3): ’n Jong vrou kry ’n werk by ’n buitengewone masseringspa om vir haar gesin te voorsien nadat haar man weggeloop het.

21:30 Shameless (M-Net): Fiona se slegte besluite oor Robbie kom haal haar in. Frank en Sammi maak op vir die pa-en-dogter-tyd wat hulle gemis het. Ondersoekbeamptes van die weermag besoek Lip op kampus.