17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Maatband (kykNET): Die program vier sy 100ste episode en kyk na hoogtepunte van die afgelope jaar.

18:00 Playing House (M-Net): Wanneer die hoogswanger Maggie uitvind haar man verneuk haar, wend sy haar tot haar beste vriendin vir ondersteuning in hierdie lawwe sitkom.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Carina soek raad by Fritz oor haar en Marius se probleme. Stef is hoopvol dat Saskia hom gaan help om Liam te ontmasker. Cardo het die perfekte man vir Celine gekry.

18:30 7de Laan (SABC2): Gaan Vivien met haar slinkse planne wegkom? Louis en Willem vergewe mekaar. Bonita vertel Charmaine die slegte nuus.

19:30 Binnelanders (kykNET): Sandy probeer vir Christiaan manipuleer. Daleen wil vir Tertius die waarheid vertel oor Cindy terwyl Steve dink sy is gereed vir ondervraging. ’n Telefoonoproep maak die lewe moeilik vir ’n paar mense.

20:00 The Americans (M-Net Edge): In vanaand se episode word Martha en Clark se huwelik getoets, en Philip voel die druk van sy nuwe opdrag.

20:00 Op die Spel (kykNET): Die doel van hierdie splinternuwe opwindende speletjiesprogram is nie net om Suid-Afrika se spel-kampioen op te spoor nie, maar ook om kykers se taalkennis te verbreed.

20:00 All of Us (SABC2): Robert en Tia het mekaar gelos ná hul dansklasse misluk het. In vanaand se episode is die gebroke Robert geskok oor sy seun se gedrag.

20:30 Getroud Met Rugby (kykNET): In vanaand se episode is Koekie ontvoer en Festus is ’n senuwrak, en ’n groot perskonferensie plaas druk op Fafa.

20:30 Mr Robot (M-Net): In vanaand se episode probeer Evil Corp toegang kry tot Steel Mountain en die data-fasiliteit wat daar binne versteek is.

21:20 Black Sails (History): In vanaand se episode verskerp die soektog na die Urca de Lima, en Flint en Gates wend hulle na ’n onwaarskynlike bron vir hulp.

21:30 Battle Creek (M-Net): Twee polisiemanne van verskillende kante van die treinspoor moet kragte saamspan om skobbejakke te vang. In vanaand se episode is Milt die teiken van ’n motorbom.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.