18:00 The Middle (M-Net): Sue kry ’n werk sodat sy ’n motor kan koop. Die skool roep Frankie en Mike in oor Brick.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Sussie is op hol en voorsien onheil in die Villa, want dit wil vir haar voorkom asof Oudok se portret vir haar iets wil probeer vertel. Isabel is op breekpunt en Liam maak misbruik van haar weerloosheid. Vicky glo vas Wanda wil haar kloue in Stef inslaan, en hy moet bontstaan om te verduidelik. Fritz probeer sy bes om die vrede tussen Stef en Astrid te bewerkstellig, maar Stef is onbuigbaar.

18:30 7de Laan (SABC2): Gaan Herman genoeg geld insamel om vir Nadia se nieroorplanting te betaal? ’n Nuwe era breek vir Sonja en haar ma aan.

18:30 MasterChef Professionals Australia (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Louisa pers Morné af om met ’n ou vriend kontak te maak. Ilse bring haar verlede Pretoria toe. Daleen en Tertius voel asof hulle op ’n eerste afspraak is, terwyl Quinton ’n gevaarlike ultimatum aan At gee.

19:30 Sterlopers (kykNET): Brad se pa daag uit die bloute op en probeer Brad oortuig om sy loopbaan as Afrikaanse popster te heroorweeg. Isabel word raaiselagtig wéér die hoofrol in die Egoli-musiekblyspel aangebied. Emma finaliseer die Hugo-exposé en neem dit na Jaco Jansen by Forté.com.

20:00 Swartwater (SABC3): Toe ’n egpaar hul enigste kind verloor, trek hulle na die dorpie Swartwater om van hul vorige lewe te vergeet.

20:00 Vallei van Sluiers (kykNET): Hannah sukkel om sin van die lewe te maak; Hugo ook. Maar hy probeer op sy eie manier om die lewe sin te gee. Emma hou haar besig met die jaarlikse kinderfondsdinee. Spanning laai op tussen Jacques en Monique toe sy besluit om haar vlerke te sprei.

20:30 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.

21:30 The Client List (SABC3): ’n Jong vrou kry ’n werk by ’n buitengewone masseringspa om vir haar gesin te voorsien nadat haar man weggeloop het.

21:30 Shameless (M-Net): Carl raak verlief op ’n meisie in detensie. Fiona sukkel om werk te kry. Lip en sy kamermaat se meisie raak vriende.