Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The McCarthys (M-Net): Dié komediereeks volg in die voetspore van die sportmal McCarthy-gesin. Hulle is ’n werkersklas gesin van Boston se wêreld met ’n ryk sportgeskiedenis.

18:00 Spies En Plessie (kykNET): As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikaanse humor tot in sy fynste vorm volmaak, nou laat hulle dit op televisie blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Errol is opsoek na sy sielsgenoot. Gaan Aggie uitvind wat Felicity van almal probeer wegsteek? Nadia en Sonja se vriendskapsboodjie sink.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef slaan ’n nuwe rigting in en Vicky neem ’n drastiese stap. Eben en Cardo stamp koppe. Celine oorweeg ’n opwindende nuwe opsie wanneer dit by ouens kom, terwyl Carina se dade harder spreek as haar woorde.

19:30 The Big Bang Theory (M-Net): In vanaand se episode vra Nasa vir Raj om ’n boodskap vir die aliens te skryf

19:30 Binnelanders (kykNET): Sandy wil ’n dokter se huis deursoek en Marika se navrae ontsenu Karli. Naomi se fout bring ’n verpleegster nader aan haar eie en ’n inhegtenisname word gemaak in Herman se woonstel.

20:00 Kwêla (kykNET): Dine van Zyl gesels oor haar nuwe potjiekosboek, en die span kyk na Extreme Frizzbee, wat nou ’n Olimpiese sportsoort is. Die organisasie Carry On For Babies is in die kollig.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar. Vanaand is daar egter krieket in hierdie tydgleuf.

20:30 The Good Wife (M-Net): In vanaand se episode draai Cary se saak in die hof en hy maak dit duidelik hy’s bereid om tronk toe te gaan.

21:00 Wild & Wragtig (kykNET): Vanaand kuier die span by Barry York, ’n beesboer wat ook met goue wildebeeste boer. Jokl vergesel ’n pa en dogter wat ’n koedoe en swartwildebees in die Groot-Karoo jag.

21:00 Orange is the New Black (M-Net Edge): In vanaand se episode skryf Crazy Eyes ’n stomende sci-fi-seksstorie vir die dramaklas en dis ’n treffer onder die gevangenes.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:30 Secrets and Lies (M-NET): In vanaand se episode lyk dit of Ben oplaas kan ontspan.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.