Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The McCarthys (M-Net): Dié komediereeks volg in die voetspore van die sportmal McCarthy-gesin. Hulle is ’n werkersklas gesin van Boston se wêreld met ’n ryk sportgeskiedenis.

18:00 Spies En Plessie (kykNET): As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikaanse humor tot in sy fynste vorm volmaak, nou laat hulle dit op televisie blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Neville beskerm Charmaine se lewe ten alle koste. Sal Herman hierdie keer vir Willem vergewe? Pulane praat weer ’n keer uit haar beurt uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius stoot Carina onbewustelik weg, terwyl Beulah steeds drome oor haar en Wouter droom. Liam is ongewoon broos na sy sessie met Hanna. Kotie gee die arme Gerhard opdraand en Stef neem ’n drastiese besluit.

19:30 The Big Bang Theory (M-Net): In vanaand se episode neem Leonard en Sheldon 'n ompad na George Lucas se plaas, en Howard hoor hy het 'n halfbroer.

19:30 Binnelanders (kykNET): Daleen kry nuwe inligting oor Cindy. Matriekafskeid is nie vir sissies nie en Herman probeer met sy broer praat. Okkie is hartseer oor Die Broers.

20:00 Kwêla (kykNET): Naas Botha en Kobus Neethling vertel vanaand van hul nuwe boek, Kreatiewe Rugby.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar. Vanaand is daar egter krieket in hierdie tydgleuf.

20:30 The Good Wife (M-Net): In vanaand se episode twyfel Alicia wanneer iemand haar vra om iets oneties te doen om haar plek in die staatsprokureursresies te versterk.

21:00 Wild & Wragtig (kykNET): Vanaand vergesel die span ’n wildvangspan tydens die verskuiwing van ’n groep buffels.

21:00 Orange is the New Black (M-Net Edge): In vanaand se episode is almal oortuig daarvan Norma het genesende mag, en Piper dink ’n nuwe sakeplan uit.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:30 Secrets and Lies (M-NET): In vanaand se episode kom Ben op belangrike bewyse af, maar sê niks vir Christy nie. Cornell keer terug na die misdaadtoneel opsoek na nog leidrade.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.