Dis dag vier op die Survivor-eiland Santa Carolina. Op die piepklein eiland is 15 Suid-Afrikaanse glansmense in ’n oorlewingstryd gewikkel. Op ’n ander eiland nie te ver van daar nie sit nog een stoksielalleen vir die nag, ’n banneling uit sy span. Dan rol die natuur sy drama uit . . .

Teken in op Huisgenoot

Dis laatmiddag toe die eerste onweerswolke opsteek oor die Bazaruto-eilandgroep aan die Mosambiekse kus waar die werklikheidsreeks verfilm word.

Dan bars alle hel los, en 36 uitmergelende ure lank is die Survivor-deelnemers uitgelewer aan ’n verskriklike tropiese storm. Donderweer rammel, blitse skeur deur die lug en die reën sak in vlae neer. ’n Woedende suidoostewind tier teen tot 30 knope. Groot bome knak en word omgewaai. Die see is een massa golwe.

Gedink ons glansmense is op ’n eilandvakansie in die paradys? Hul hel het nog skaars begin, daar’s nog 23 dae oor . . .

Gys de Villiers was juis per boot op pad na die bannelingeiland toe die storm opsteek. Hy is soontoe gepos nadat sy span vroeër die dag ’n beloningsuitdaging verloor het.

Dis pragtig, dramaties, het dié banneling uit die Chibudu-span gedink toe die onweerswolke op die horison saampak. Toe die boot reg op die donderstorm afvaar, het Gys net gelag. Min het hy geweet dit sou uiteindelik beteken sy nag op die eiland word mettertyd 36 lang, eensame ure . . .

Gys se kameraspan kon nooit terugkeer nie en niemand sal nou ooit sien hoe hy deur daardie ure geworstel het nie.

“Dit was fantasties en klassiek om in ’n storm vasgevang te wees,” vertel Gys.

Maar op Santa Carolina was niemand getref deur die volmaaktheid van die oomblik nie.. Tot met die koms van die storm het die deelnemers geweet hulle moet waak teen groen mambas, malariamuskiete en skerp koraalriwwe – maar met die weer het hulle nie rekening gehou nie. In daardie 36 uur was hulle totaal uitgelewer aan die elemente.

Toe die produksiespan die volgende dag nie opdaag nie, het die deelnemers eers werklik besef hoe erg die storm is.

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 4 Februarie.