Hierdie partytjierokke in lekkergoedkleure is ’n moet vir enige aspirant-prinses. Pastelkleure is hierdie seisoen hoogmode en The Hub maak dit maklik om te sorg dat sy vir elke spesiale geleentheid pragtig lyk.

Blomme, strikke, kant en valle – jou fraai prinses sal in die wolke wees.

’n Blommekroon of glinsterende haarknippe rond haar voorkoms af en laat haar so spesiaal voel soos wat sy lyk. Ons keur van sagte, duursame en stylvolle rokke is speeltydvriendelik sonder om styl in te boet.

Kies uit ’n rits afwerkings soos maas, kant, borduursel en satyn om die volmaakte rok vir elke geleentheid te vind.

Bind haar hare op in ’n enkele of dubbele deurmekaar bolla. Dis oulik, prettig en tog te skattig.

Ons rokke is gewild onder sowel die meisies wat dit dra as die ouers wat dit koop. Dis nie maklik om ’n prinses te wees nie, maar as jy die rok het . . .

Wil jy ’n geskenkbewys van R1 000 wen om by the Hub te gebruik? Klik hier om in te skryf.