Dalk is jy ’n verantwoordelike persoon. Jy weet hoe gevaarlik dit is om te SMS of op jou selfoon te praat terwyl jy bestuur.

Jy het al telkemale die waarskuwing gehoor: om jou selfoon in jou motor te gebruik terwyl jy bestuur stel nie net jouself nie, maar ook ander motoriste in gevaar.

“Ja,” sê jy, “ek weet, maar ek is verantwoordelik, niks sal met my gebeur nie.”

Die Amerikaanse selfoonnetwerk AT&T het hierdie treffende video gemaak om selfoongebruikers te waarsku oor die gevare van selfoongebruik terwyl jy bestuur.

Jy weet wat gaan gebeur, maar steeds kom die oomblik totaal onverwags.

Die video bevestig dat dit nie genoeg is om nie te bel of te SMS terwyl jy bestuur nie. Jou foon moet heeltemal buite bereik wees sodat jy as bestuurder nie in die versoeking kan kom om daarna te kyk nie.

Interessant genoeg het ’n onlangse peiling deur dié selfoonnetwerk ook bevind dat dit ouer volwassenes, nie tieners of jong volwassenes is, wat hul fone gebruik terwyl hulle bestuur nie.

Byna 50% van volwassenes het erken dat hulle SMS terwyl hulle bestuur. Terselfdertyd het 98% van hierdie volwassenes erken hulle weet dit is verkeerd.

Hopelik sal hierdie video jou herinner: dit is nie die moeite werd om die risiko te neem net om daardie een SMS of Facebook-kennisgewing gou-gou te lees nie.

Bronne: YouTube; Upworthy