Met die nuwe intreevlak-Corolla Quest wil Toyota kopers lok wat ’n ruim, veilige en bekostigbare ryding soek.

Drie feite wat jy oor die Corolla Quest moet weet:

  1. Daar is drie modelle en twee afwerkingsvlakke in die reeks, terwyl daar ook ’n outomatiese model is.
  2. Die 1,6 L-petrolenjin ontwikkel 90 kW krag en 154 Nm wringkrag.
  3. Al die modelle het lugverkoeling, kragstuur, lugsakke, ABS-remme en ’n diensplan, terwyl die topmodel ook ’n klankstelsel en allooiwiele kry.

Pryse:

  • 1,6 Quest – R174 900
  • 1,6 Quest outo – R198 900
  • 1,6 Quest Plus – R197 900

quest-3 quest-2