corolla-1

Die splinternuwe Toyota Corolla is nou in Suid-Afrika te koop.

'Meer as 1 miljoen Corolla’s is tot November 2013 in Suid-Afrika vervaardig.'

Suid-Afrika se liefdesverhouding met die Corolla het in die middel 1970’s begin, en dié liefde blom nog. En boonop is meer as 1 miljoen Corolla’s is tot November 2013 in Suid-Afrika vervaardig en nagenoeg 980 000 is al hier verkoop.

Die elfde geslag Corolla is heeltemal nuut met ’n meer aggressiewer voorkoms, nuwe enjins en die jongste tegnologie. Daar is ook meer spasie binnelangs en ’n groter bagasieruim wat nou 452 liter is.

Die sitplekke self is ook geheel en al herontwerp en bied meer gerief.

Die nuwe Corolla is in ’n keuse van vier modelweergawes beskikbaar: Esteem (intreevlak), Prestige (middelvlak), Sprinter (sport) en die vlagskip-weergawe, wat die Exclusive genoem word.

corolla-3

Standaardtoerusting sluit in:

  • Afstand beheerde sentrale sluiting vir die hele reeks met sleutellose slim toegang vir die Exclusive-modelle
  • Elektries beheerde deurspieëls en vensters (voor en agter)
  • Volg-my-ligte
  • Termometer
  • Ritrekenaar (TFT-skerm in die Exclusive)
  • 60/40-verdeelde agtersitplekke
  • Lugversorging (Esteem en Prestige)
  • Outomatiese klimaatbeheer (Sprinter en Exclusive)
  • Raakskerm-klankstelsel met AM/FM-radio, CD/DVD/MP3-speler, Bluetooth-selfoonstelsel en musiekstroom-werking, en ’n USB-sok vir draagbare musiekspelers wat ook ’n iPod se speellys kan vertoon. ’n Truratmonitor is deel van die standaard-toerusting van die Prestige en Exclusive – Nog iets wat die beste in hierdie klas is!
  • Die Esteem- en Sprinter-modelle het ’n gewone klankstelsel met ’n hulp- en ’n USB-sok
  • Bluetooth-selfoonstelsel in al die modelle behalwe die Esteem
  • Elektro-chromatiese binnespieël (Exclusive)
  • Reënsensor-ruitveërs (Exclusive)
  • Spoedbeheer (Exclusive)

Die hersiene modelreeks se enjinreeks sluit in ’n nuwe D-4D-turbodiesel van 1,4 liter en drie petrol-enjins – ’n dubbel-VVT-i-enjin van 1,33 liter, een van 1,6 liter, en nog ’n nuwe dubbel-VVT-i-weergawe van 1,8 liter.

Al die enjins is aan ’n sesgang-ratkas gekoppel, maar die 1,6- en 1,8-petrolweergawes kan ook met Toyota se nuwe hoëdoeltreffende outomatiese Multidrive S-transmissie bestel word.

Daar is ook talle aktiewe en passiewe veiligheidskenmerke.

corolla-2

Pryse

  • 1,3 Esteem: R214 900
  • 1,3 Prestige: R232 900
  • 1,4 D Esteem: R237 900
  • 1,4 D Prestige: R249 900
  • 1,6 Esteem: R225 900
  • 1,6 Prestige: R241 900
  • 1,6 Prestige Multidrive S: R252 900
  • 1,6 Sprinter: R248 900
  • 1,8 Prestige: R251 900
  • 1,8 Exclusive: R272 900
  • 1,8 Exclusive Multidrive S: R283 900

Die nuwe Corolla het’n fabriekswaarborg van drie jaar of 100 000 km en word deur ’n diensplan van vyf jaar of 90 000 km gedek.