Dié oopdak-tweesitplekker sal die fokuspunt van Toyota se eerste verskyning by die Milan-ontwerpweek (12– 17 April) wees.

Hout is vir die grootste deel van die Setsuna gebruik om klem te lê op die feit dat liefde groei namate tyd verstryk, en verandering in kleure en gevoel wat regstreeks in verhouding tot die liefde en versorging daarvan verander.

[caption id="attachment_122452" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Toyota gee met die Setsuna-konsepmodel uiting aan die opvatting dat, net soos ’n gesin tyd en ervaring saam met hul motor uitdruk deur dit liefdevol te versorg en na die volgende geslag oordra, daardie motor ’n nuwe soort waarde sal verkry wat net mense in daardie gesin werklik sal waardeer.

Die motor se naam, Setsuna, wat "oomblik" in Japannees beteken, is juis gekies om mense te weerspieël wat waardevolle tye saam in hul motor ervaar. Toyota glo dat hierdie soort oomblikke motors mettertyd onvervangbaar maak.

Lees ook: Die wrede wipplankryery van brandstofpryse – so kan jy bespaar

Die Setsuna is ’n werkende motor, hoewel hy nie wettig op die pad mag ry nie. Verskillende soorte hout is vir verskillende dele van die motor gekies: Japannese sederhout met sy helder grein en veelsydigheid vir die buitepanele; sterk en stewige Japannese berkehout vir die raam; slytwerende Japannese zelkova vir die sitplekrame, en gladde castor aralia vir die sitplekke. Die panele het verskillende greinpatrone in die seder, wat deur reguit- en dwarssnitte van die rou hout verkry is om aantreklike kontras te skep.

[caption id="attachment_122453" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Die beginsel van ’n “samestelling van oomblikke” word deur die voertuig se geronde kenteken uitgedruk. Hoewel dit soos ’n blombloeisel lyk, ontlok die ontwerp ook die voorkoms van ’n horlosie wat elke individuele oomblik weerspieël. Dit is ’n simbool vir hoop dat die gesin en motor saam sal groei – net soos bome ring vir ring groter en sterker word.

Geen skroewe of spykers is gebruik om die Setsuna aanmekaar te sit nie.

Lees ook: Volvo V60 Polestar ‘veiligste WTCC-veiligheidsmotor’

Sy romp bestaan uit 86 handgemaakte panele. Die ontwerp van die panele het baie aandag gekry, en elkeen pronk met unieke verandering namate die motor verouder. As dit nodig is om herstelwerk te doen kan individuele panele eerder as groot dele van die romp vervang word. Dit behoort dus vir eienaars moontlik te wees om dele van die motor te identifiseer waar herstelwerk met die hand gedoen is, wat tot al die herinneringe sal bydra.

[caption id="attachment_122448" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Die kontrasterende elemente in die algehele ontwerp is daargestel deur aluminium in komponente soos die wieldoppe, stuurwiel en sitplekraamwerk te gebruik. Die voorkoms van metaal verander net soos hout en leer mettertyd, wat dit ’n materiaal maak wat sy eie unieke voorkoms en karakter sal ontwikkel.

[caption id="attachment_122454" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

Kenji Tsuji, die Toyota-ingenieur wat in beheer van die ontwikkeling van die Setsuna was, sê wat ontwerp betref, verteenwoordig die voltooide romplyn van die Setsuna ’n pragtige kurwe wat soos dié van ’n boot lyk.

[caption id="attachment_122455" align="aligncenter" width="600"]Foto: Quickpic Foto: Quickpic[/caption]

“Ons wil mense wat die motor bekyk, daaraan herinner om hulle te verbeel hoe die Setsuna mettertyd ’n ingewikkelde en unieke karakter sal ontwikkel. Die motor het ’n 100-jaar-meter in wat deur die geslagte tyd sal hou, en sitplekke wat praktiese skoonheid met die sagte kleurskakering van die hout sal kombineer."

Bron: quickpic.co.za

Ook op Huisgenoot.com

Gwyneth Paltrow se pynlike velsorgroetine

Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!

Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak

Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?