Sedert sy bekendstelling in 1969 het Hilux regoor die wêreld ’n benydenswaardige reputasie opgebou.

Sy duursaamheid, krag en suiwer gehalte het sy plek in die harte van sy eienaars verewig.

“Hilux se verkope getuig van die vertroue wat ons klante in die produk het en beklemtoon Toyota se gehalte, duursaamheid en betroubaarheid,” sê Calvyn Hamman, senior visepresident van verkope en bemarking by Toyota SA. Verbruikers plaas ook deesdae ook groter klem op gemak, gerief en ontwerp.

[post-slider] Die hedendaagse bakkie moet ’n verskeidenheid rolle vervul en nie net bloot nog ’n werkesel wees nie; hy moet ’n meester op sy gebied wees. Gevorderde ontwerp Die treffendste eienskap van die nuwe Hilux is waarskynlik sy gevorderde buite-ontwerp. Aan die voorkant strek die sierrooster met sterk horisontale stawe tot by die omvou-kopligte. Die wielnisse met hul ingeboude spierbulte laat die voertuig nog frisser lyk. Die skuins agterruit en kajuitsilhoeët vorm ’n visuele eenheid met die nuwe agterkantontwerp.

Die kajuit se dak het nou ’n lugdinamiese “pagode”-agtige V-vorm wat help om lug bo-oor die dak en verby die kante van die voertuig eerder as by die laairuim in te stuur, wat turbulensie en sleur verminder.

Meer afgeronde binneruim

Die binneruimnuwighede wat die kollig steel, behels die nuwe hoëtegnologie-raakskermklankstelsel wat lyk of dit uit die middel van die voorpaneel “sweef”.

Dié gevorderde stelsel, wat ’n platskermontwerp, veegwerking en vingertiktegnologie inspan, is ’n juweel.

Wanneer die eenheid afgeskakel word, word nog ’n nuwigheid ontbloot ? al die verligting word gekanselleer, wat dit soos ’n tabletrekenaar laat lyk en voel. Die bestuurder se instrumente werk dieselfde, en die hoërgraderingsmodelle kry ’n volkeur-TFT-inligtingskerm van 4.2” by, met maklik leesbare inligting en kragtige vorms wat alles ’n bydrae tot die gevorderde fris tema lewer. Die stuurwielontwerp het sterk horisontale speke en pronk met reik- en hoogteverstelling sowel as duimruspunte en ’n dikker ring. Dit bied skitterende gemak en gevoel. Koel, blou beligting vloei regdeur die kajuit ? van die maklik leesbare instrumentepaneel tot die beheerpaneel vir die lugversorging, klankstelsel en skakelaarbeligting.

Al die Hilux-modelle het stewige en duursame swart sitplekbekleedsel met ’n patroon op en wat pasgemaak is vir hul hoofdoel. Al drie ontwerpe bied skitterende duursaamheid sonder om ontwerp of sin vir gehalte prys te gee. Die algehele gevoel van die kajuit is een van hoë gehalte, vernuwende ontwerp en gebruiksvriendelikheid. Verbeterde verpakking Die bestuurdersitplek se heuppunt is 10 mm hoër en die hoogteverstelling is met 15 mm verleng. Die voorsitplekke, wat onderskeidelik 8- en 19 mm meer kop- en skouerruimte bied, het ’n nuwe raamstruktuur met ’n langer, goed opgestopte sitplekkussing vir groter gemak.

Die agtersitplekke het soortgelyke behandeling gekry, terwyl die effens dunner rugleuning van die agtersitplekke die agterste insittendes 10 mm meer beenruimte bied.

’n Koelboks is by die hoërgraadmodelle ingebou. Dit is in die vorm van ’n tweede paneelkissie en maak op slim wyse gebruik van die lugversorging om die inhoud te verkoel of warm te maak.

Verbeterings sluit in 30 mm dikker systawe en dwarsbalke wat die rompwringstewigheid met 20 persent verbeter en duursaamheid verder verhoog. Die duursaamheid van die nuwe model word versterk deur ’n nuwe swaardiensonderplaat met ekstra versterking en dikker materiaal.

Ander verbeteringe sluit in:

  1. Absorberende veerstelsel
  2. Duik- en skommelbeheer
  3. Steun vir die bestuurder
  4. Kraglewering
  5. Krag om te sleep
  6. Ry-modus (laat jou toe om tussen ekonomiese (ECO) en hoë verrigting (POWER) te kies)

Prys

Die nuwe Hilux-reeks se prys bly uiters mededingend, en sommige modelle is ondanks aansienlik meer toerusting eintlik goedkoper as hul voorgangers.

Enkelkajuit: Van R228 900 tot R 435 900

Xtra-kajuit: Van R333 900 tot R470 900

Dubbelkajuit: Van R 377 900 tot R593 900

KLIEK HIER vir meer inligting rondom die verskeie modelle.

Bronne: quickpic.co.za, imperialtoyota.co.za

Ook op Huisgenoot.com

Energy Husqvarna gaan sake beslis in 2016 ‘rock’

Altyd op soek na jou motorsleutels? Volvo het die antwoord

Mercedes-Benz-W123-modelreeks vier 40 jaar

Slim, slimmer, Faraday Future