Wheels24 het berig dit sluit Suid-Afrika in.

Toyota Suid-Afrika sê: “Slegs Corollas wat tussen April 2002 en Junie 2003 gebou is, is in Suid-Afrika geraak. Dit is ’n totaal van 4 349 plaaslike eenhede.

"Toyota gaan klante met behulp van VIN-nommers opspoor en die huidige eienaars (die meeste motors is al verkoop) opsoek en vra om ’n handelaar te besoek. Die proses gaan sowat ’n uur duur.”

Toyota se lugsakke word deur die onderdeelverskaffer Takata verskaf, wat ook verantwoordelik is vir die lugsakke in Honda-, Nissan- en Mazda-motors. Maar in Suid-Afrika blyk dit net Toyota word deur Takata se foutiewe lugsakke geraak.

Bron: Wheels24