Indien julle nog nie gehoor het nie, Steven Spielberg gaan die filmbedryf vaarwel roep.

Maar voor julle krokodiltrane huil, is daar darem goeie nuus ook. Twee Spielberg-films sal voor die einde van die jaar darem nog die lig sien.

Een van daardie films is die avonture van ons almal se gunsteling tekenprentkarakter, Tintin.

Spielberg en die regisseur van The Lord of the Rings, Peter Jackson, het kragte saamgesnoer om die avonture van Tintin in 3D-formaat na die grootskerm te neem.

Kyk hier na die voorprent.