_MG_3949 2

1. Wat het jy geleer tydens jou deelname?

My deelname aan Koekedoor het my geleer om te prioritiseer, tyd te beplan en doelgerig te werk.

2. Watter Koekedoor-uitdaging was die lekkerste?

Die koeksister-uitdaging was so reg in my kraal.

3. Het Koekedoor jou lewe verander en wat hou die toekoms vir jou in? Herken mense jou op straat?

Die blootstelling wat ek deur my Koekedoor-deelname op kykNET gekry het, het beslis ’n positiewe invloed op my onderneming. Oornag weet baie meer mense van Ouma Rooi Koeksisters. Mense herken my in openbare plekke en gesels asof ons ou vriende is. Dis opwindend maar tog bloos ek steeds wanneer ’n wildvreemdeling ’n foto saam met hulle wil laat neem. Met hierdie blootstelling beplan ek om my koeksister-bakkery uit te brei sodat Ouma Rooi Koeksisters op soveel moontlik plekke in die land beskikbaar sal wees.

4. Hoe voel jy oor gisteraand se aflewering waarin jy uitgestem is? Wat dink jy het teen jou getel?

Natuurlik is dit vir my ’n groot teleurstelling dat ek uitgestem is, maar ek is trots en dankbaar dat ek derde kon kom.

Die feit dat ek nie met meringue-produkte vertroud is nie, het my gepootjie.

5. Wie dink jy gaan wen?

Mareli het die sterkste persoonlikheid en Martjie is die keurige versierder; ek dink hulle het ’n gelyke kans.

6. Watter kospersoonlikhede inspireer jou?

Peter Veldsman was nog altyd vir my ’n bak-ghoeroe. Ek het net die hoogste agting vir Mari-Louis se bakvermoë, bak-kennis en wonderlike bakboeke!

7. Gunstelingkoek of -tert en hoekom?

Ek het nie ’n vreeslike suikertand vir koeke of terte nie. My ma se pynappeltert met room, melktert met repies en klapperkoek was my absolute gunstelinge.

8. Wat verkies jy, soet- of soutgebak?

Ek verkies om soutgebak te eet en soet gebak te bak.

9. As kykNET weer ’n Koekedoor-reeks maak, wat sal jou raad wees aan voornemende deelnemers?

Ek sal voornemende Koekedore aanraai om hulle te vergewis van al die bakmetodes.

10. Waar kan mense jou kontak? (Facebook, Twitter, webtuiste?)

Hulle kan my kontak op my Facebook-blad, Twitter, e-pos of webtuiste.

Facebook: Gerda Swanepoel - SA Koeksister Kampioen - Koekedoor Deelnemer

Web: www.oumarooikoeksisters.com

Epos: info@oumarooi.com

Twitter: @dvine.gerda

[post-slider]